Daar was groot aksie op die sportvelde van Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn Saterdag (21 Mei) toe die Hoërskool Oudtshoorn die Gimmies aangevat het. Heelonder is die o.18 A netbalspanne waar die tuisspan 32 - 43 verloor het. Die o.18 A seunshokkiespanne (onder) het 1 - 1 gelykop gespeel; en die tuisspan se o.18 A meisieshokkiespan (bo) het die Struisies 1 - 0 geklop. Geen o.18 A rugbywedstryd is gespeel nie.
Foto’s: Ebenezer Titus