INWONERS van die Wes-Kaap het nog tot 31 Mei die geleentheid om seker te maak dat hulle getel word in vanjaar se sensustelling.
Dié telling het ’n groot invloed op hoeveel fondse deur die nasionale regering aan provinsies beskikbaar gestel word vir noodsaaklike dienste soos skole, gesondheidsfasiliteite en infrastruktuur. Hoe minder mense in ’n provinsie getel word, hoe minder fondse sal die provinsie kry.
Jy kan so seker maak jy word getel:
• Voltooi die vorm aanlyn (op jou selfoon, tablet of rekenaar) by https://getcounted.statssa.gov.za. Die diens is datavry.
• Voltooi die vorm wanneer ’n sensusbeampte jou besoek.
• Kontak die sensus-oproepsentrum by 0800 110 248 of e-pos na census2022@statssa.gov.za. (Deur Liesel le Roux)
Sensus 2022 – maak so seker jy word getel!
