DIE Oudtshoorn Besigheidskamer het verlede Donderdagaand (29 September 2022), ’n nuwe lid verwelkom.
Joe en Naomi Claassen, wat eersdaags na Oudtshoorn toe trek, se besigheid, Poelano Executive Tours, het by die Besigheidskamer aangesluit.
Hulle is opgewonde oor die toekoms hier in Oudtshoorn, sê Joe.
“Wat ons die meeste na Oudtshoorn getrek het, was die wonderlike mense en hulle vriendelikheid.”
Abrie Ferreira, voorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer, het op sy beurt gesê hy is baie positief oor wat tans op Oudtshoorn gebeur.
“Toerisme groei, restaurante is weer voluit aan die gang en gastehuise se syfers verbeter.
“Oudtshoorn en sy mense moet aanhou om ’n advertensie te wees vir ons dorp deur goeie nuus na buite uit te stuur.
Hier is so baie wat in ons dorp aangaan en wat besoekers van buite af hierheen trek!” (Deur Angelique Erasmus)
Positiewe groei op Oudtshoorn, sê Ferreira
