Die Oudtshoorn besigheidskamer is Donderdagaand tydens die AHi se gala-geleentheid aangewys as Sakekamer van die Jaar.
Die bestuur is, van links: Helen Butler (kantoor- bestuurder), Hennie Davel, Suné Rupping, Donna-Lida van der Berg, Amelia Lubbe, Jolette van der Bergh, Abri Ferreira (voorsitter), Helene Badenhorst en Hans van der Veen. Heel regs is Dr Willie Cilliers, voorsitter van die AHi wat die toekenning oorhandig het.