Die gewildheid van- en vertroue in die Oudtshoorn Besigheidskamer was verlede Donderdagaand, 24 April, weer duidelik toe al die kaartjies vir die netwerkaand uitverkoop is. James King & Badenhorst Prokureurs het die netwerkaand by die Cape Karoo Ostrich Emporium geborg.
Gaste van ander dorpe was dit weer eens dat Oudtshoorn se besigheidskamer een van die mees melewende en aktiewe besighedskamers in die Suid-Kaap is.
Drie besighede het as lede by die besigheidskamer aangesluit: Ketterer Attorneys, Du Plessis Gehoorpraktyk en Queen’s Mall Apteek wat ook Watson en Brink Apteek insluit.
Vir navrae oor die werksaamhede van die Oudtshoorn Besigheidskamer en lidmaatskap, kontak Helen Butler per e-pos by business@odnchamber.co.za.
Besigheidskamer se netwerkaand stampvol
Tydens die bekendstelling van nuwe lede is, van links: Angelique Erasmus (Bestuurslid: Oudtshoorn Besigheid- skamer), Amber Witbooi (Ketterer Attorneys, Jacques Du Plessis (Du Plessis Gehoorpraktyk), Amelia Lubbe (Onder-voorsitter: Oudtshoorn Besigheidskamer) en De Wet Scheepers (Queen’s Mall Apteek). Foto: Hannes Visser