Gedig deur Poem Mooney

Poem Mooney

By Zeelandsnek het ’n boom geval
’n Kunswerk deur die Skepper
Van die groot heelal
Uit die droë grond
Het die kleine boom ontspruit
Volgens Godsbesluit
Op die derde dag het die Heer bevel
Dat dit so moet wees
Bome, blommestruik en plant
Die mense moet dien en genees

Die mens was daarna aangestel
Om te heers oor Sy bestel
En nie te verbreek of te verniel
Want selfs ’n blom het ook ’n siel
’n boom het ook ’n lewensduur
’n dryfkrag wat laat groei
Haar lower wat ons dag versier
En statig skadu’s bloei

Ek wonder soms, kan bome praat
Hoor hul gesuisel
As die windjies in hul ore fluister
En merke in hul blare laat.
Kon die boom dalk luister?
Na gesprekke langs die pad
Wat by haar koele aftrekplek
’n knakie slaap of suipsel vat?

By hierdie boom het ’n eensame siel
Dalk kom treur
Of ’n verstotene
Miskien gelamenteer
By hierdie boom het iemand dalk
Kom skuiling soek
Of dalkies net uit woede gevloek

By Zeelandsnek was daar ’n boom
’n koelte en gespreksgenoot
Iemand het dit afgekap
Die afsaalplek is dood

Tog, spoor haar onthou in die sand
Waar sy in die grond vasgespyker was….

1 Comment on "Gedig deur Poem Mooney"

Comments are closed.