Inperking: 26 Maart 23:59 tot 16 April 23:59
Gesigsmaskers was vandeesweek baie meer sigbaar op straat terwyl inwoners toegesak het op Oudtshoorn se supermarkte en apteke vir aankope voor die inperking begin. Bo is Stanley Prince (63), ’n karwag van Oudtshoorn, op sy pos in Kerkstraat, en onder is ’n man besig met aankope in ’n baie besige Pick n Pay op Oudtshoorn.
Foto’s: Stefan Skapie Goosen (bo) en Angelique Erasmus (onder)
Vóór die inperking: Inwoners omskep Oudtshoorn steeds in ’n feesdorp!
Inwoners van Oudtshoorn Saterdag besig om die dorp as deel van die
reWOLusie-projek in ’n feesdorp te omskep, al het die KKNK nie plaasgevind nie. Bo is Carin (links) en Marike Strydom, en links Eddie en Marjorie Fortuin. Foto’s: Hans van der Veen
