Barnard-broers bring sonkrag na die Tuinroete

Van links: Die stigterslede van SonBroers, Morne en Ruan Barnard.

SONBROERS het ‘n unieke geleentheid in die Afrika-sonkrag en hibriede-energiebedryf geïdentifiseer. Hulle bied uitgebreide en buitengewone verkoops- en projekbestuursdienste wat hul kliënte in hul beste belange ondersteun. Hulle kan ook sonenergie- of hibriede-oplossings verseker wat finansieel voordelig is en wat voldoen aan hul kliënte se unieke vereistes.

Hulle reeks dienste dek jou ganse projek: van konsep tot suksesvolle installasie, instandhouding, statistiese verslaggewing en algehele energiebestuur.

“SonBroers spruit direk uit twee van ons grootste passies: hernubare energie en om mense te help met lewensveranderende oplossings. Met die toenemende energiekrisis in Suid-Afrika was daar geen beter tyd om ons uitgebreide en gespesia­liseerde dienste aan die Tuinroete se mense en verskillende industrieë te bied nie. Deur saam met boere en sake-eienaars van regoor die land te werk, het ons besef hoe impakvol die diens is wat ons as SonBroers bied.

“Verhouding en vertroue is vir ons baie belangrik en die grondslag waarop ons besigheid gebou is.

“Om ons kliënte te help om hul vereiste resultate te bereik, is vir ons van onskatbare belang en baie vervullend,” sê Ruan en Morne Barnard, stigterslede van SonBroers (Pty) Ltd.

Kontak hulle gerus vir ’n gratis kwotasie en terreinbesoek.

Ruan Barnard 079 523 4719 ruan@sonbroers.co.za

Morne Barnard 079 491 4336 morne@sonbroers.co.za

www.sonbroers.co.za