Winston Linford vier 40ste bestaansjaar!

Links is die gedugte span van Winston Linford motors, van links is Terblanche Bower, Naomi Linford, Elize Bezuidenhout, Kevin Linford, Neville Linford, Imke Linford en Stefan Griessel. Foto Lindi Brill

VIR 40 jaar verwelkom Winston Linford Motors in Voortrekkerweg, nie net besoekers aan Oudtshoorn met hulle netjiese en moderne gebou en motorhawe nie, maar ook getroue inwoners van Oudtshoorn.

Hul uitmuntende diens, produkkennis en verskeie ekstra dienste anders as net die geriefwinkel (The Quick Shop) en brandstof laat hierdie familiebesigheid kop en skouers uitstaan in die bedryf. Winston Linford Motors is in 1983 deur mnr Winston Linford op die been gebring, en is steeds vandag ’n familiebesigheid wat deur sy familie besit en bestuur word.

Vandat Kevin Linford die gebou en besigheid by sy pa in 1995 oorgekoop het, is daar al twee keer opknappings en verbeterings aangebring om die besigheid modern te maak, maar ook om tred te hou met die groei van die ekonomie.

Die besigheid bied ook verkope van tweedehandse motors, ’n motorwerkswinkel en sleepwaverhuringsdiens aan.

Die geriefswinkel vier ook vanjaar hul 25ste bestaansjaar.

Van die ekstra dienste wat aan inwoners gebied word, afgesien van dit wat reeds beskikbaar is, is die verkoop van voorafbetaalde krag, lugtyd, volwasse doeke teen bekostigbare pryse en grootmaat ys in verskeie gewigte en vorms.

Kliënte kan gerus hul “Pic n Pay Smart Shopper” kaart gebruik om ekstra punte te verdien, asook Discovery Vitality (Avios) vir punte, en daar is selfs ’n kitsbank (ATM) beskikbaar.

Die Linford’s bedank graag al hul lojale kliënte wat oor die jare heen hul ondersteun en gereelde besoekers en wens vir elkeen ’n geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar.

Bo: Winston Linford het Winston Linford motors in 1983 oopgemaak. Foto verskaf