2023 KKNK bywoning beter as 2019 post Covid

Van links staan Christo van der Rheede (Kunste onbeperk direksie), Chrispin Sonn (Voorsitters van Kunste Onbeperk), Theresa Olivier (Kunste Onbeperk-direksie), Olga Wyngaard (Kunste Onbeperk-direksie), Hugo Theart (Uitvoerende hoof en artistieke direkteur van Kunste Onbeper en KKNK), Denver Moses (Voorsitter van Mense Hulpbronne- en Vergoedingskommitee), Chris Macpherson (Uitvoerende Burgemeester van Oudtshoorn Munisipaliteit) en Lizané Basson (Bemarkingsbestuurder van KKNK).

TROTS, dit is die woord wat deur Chrispin Sonn, nie-uitvoerende Voorsitter van Kunste Onbeperk se direksie tydens Vrydag se Algemene Jaarvergadering gebruik is toe hy na die “Karoo Kaarte” verwys het, maar veral op 2023 se 27ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees.

“Ons het volle vertroue dat die model wat ons tans in plek gestel het volhoubaar is, maar dat ons steeds baie meer innoverend ook moet wees,” sê hy. Daar is ook aangekondig dat ABSA weer hul borgskap vir die volgende drie jaar as hoofborg verleng het.

Die Karoo Kaarte produksie was vanjaar die Wenner van BASA IDC Community Award & Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport se Mees innoverende gemeenskapskunstefees. Daar is sowat 1,5 miljoen in hierdie plaaslike projek ingestoot.

Hy het ook gesê dat 2023 se bywoning beter was as in 2019, net voor die Covid 19 pandemie, wat ook die laaste volwaardige fees was.

Crispin Sonn en Hugo Theart het ook elkeen spesiale toekennings gekry tydens die vergadering.
Daar sal op 24 November ’n spesiale aanbod wees vir “Black Friday” vir 2024 se KKNK.

Die KKNK se opening sal op 22 Maart wees, en die fees sal amptelik vanaf 23 – 31 Maart 2024 op Oudtshoorn wees.

Klein Karoo Klassique sal vanaf 9- 11 Augustus 2024 plaasvind. Dit sal die 15de keer wees dat die Klassique aangebied word.