HIER is ons by die begin van 2020.
Voel u afgetakel met min energie?
Ervaar u spier- en gewrigspyne?
Sukkel u met slaap? Is u geheue en konsentrasie aan die afneem?
Raak dit al hoe moeiliker om u gewig in toom te hou? Vind u dit moeilik om ná die feestyd terug te keer na gesonde gewoontes?
Ek bied ’n Health Coaching-program van vier tot agt weke aan om u te help om lewenstylaanpassings te doen wat vooruitsigte vir 2020 vir u baie beter sal maak omdat u weer beheer oor u gesondheid kan kry. Dit sluit ’n volledige eetprogram in waarmee u die res van u lewe kan aanhou, asook weeklikse motiverende en ondersteunende coaching-sessies.
Ek sien uit daarna om u te ontmoet. Kontak my by 0824170501 vir meer inligting en afsprake.
- Ilse Pienaar, Body Stress Release Praktisyn en Health Coach
Twee kliënte skryf oor die Health Coaching Program
• Kliënt A: In die 13 jaar wat ek mediese behandeling vir angs en depressie ondergaan het, het ek nooit besef dat wisselende bloedsuikervlakke ’n bepalende rol in my gemoedstoestand gespeel het nie. Sowat 18 maande gelede het ek met Ilse se kundige leiding die invloed van bloedsuiker op die liggaam begin verstaan en kon ek eerstehands ervaar hoe dit my lewe affekteer.
Sedertdien het ek nie net 47% van my aanvanklike liggaamsmassa verloor nie, maar kon my dokter ook die voorskrif vir meeste van my chroniese medikasie staak. Ek is fisiek sterk en gesond, slaap goed, het baie meer energie en is minder vatbaar vir infeksies. Boonop is my gemoed baie meer stabiel en voel ek weer of ek produktief en vreugdevol lewe. My lewe word nie meer beheer deur kon- stante honger of hunkering na ongesonde kos nie.
Ek kon met Ilse se bekwame leiding en die veilige en ondersteunende omgewing wat sy skep, my lewenstyl permanent ten goede verander en is daarvoor ewig dankbaar!
• Kliënt B: Aanvanklik het ek by die program aangesluit omdat ek desperaat was om gewig te verloor. Ek het die ongelooflikste moegheid ervaar en gesukkel met warm gloede wat totaal buite beheer was. Ek het ná vele mislukte pogings geweet ek het hulp nodig, want niks werk nie.
As ek egter nou terugkyk, besef ek ek het soveel meer bereik as waarvoor ek aanvanklik gehoop het. Ek het ’n nuwe lus vir die lewe. My energievlakke is soveel hoër en my doelwitte het al my verwagtinge oortref. Die gewigsverlies is maar net een van die positiewe punte van die “journey”
Ek weet werklik nie hoe om Ilse te bedank nie. Hierdie is ’n wenresep. Een van die eerste dinge wat ek vir haar gesê het, was dat ek net nooit weer in my lewe wil dieet nie. Die proses was dus geleidelik. Dit kon seker vinniger gegaan het as ek bereid was om te “dieet”, maar dit was eers nodig dat ek ’n kopswaai moes maak. Ek moes eers ontslae raak van al my vooropgestelde idees en verby al my mislukkings kom. En Ilse was geduldig!