D en D Vleisprodukte het nie net ’n groot verskeidenheid vleis nie, maar hul vleisprodukte is ook liplek-lekker. Dié plaaslike besigheid vier vanjaar hul eerste verjaarsdag.
Met byna 20 jaar in die bedryf, kan Oudts-hoorniete beslis weet, hulle is in goeie hande. En dis die goeie hande van David Scholtz, ’n gesoute vleisman.
Dawid het in 2001 begin werk as blokman en aan verskeie groot kettingwinkels gehalte vleis gelewer.
Hy en sy vrou, Delene – ’n bekende haarkapper op Oudtshoorn – het ’n jaar gelede die slaghuis in Rademeyerstraat op Oudtshoorn begin, en spesialiseer in sappige rump steaks, fynproewer-sosaties en geurige boerewors wat nog op die “ou, goeie manier” gemaak word.
“Om ons kliënte gelukkig te hou is vir my die heel belangrikste,” vertel Dawid.
Dawid en Delene glo dat alles wat jy in die lewe aanpak, gedoen moet word in geloof, en as jy ’n produk van hoë gehalte lewer, dit gelukkige kliënte verseker.
“Ons het soveel kliënte wat hier by ons inkom en vir ons vertel dat ’n vriend hul vertel het van ons, en dis vir ons fantasties.”
Hulle bedank ook graag al hul getroue kliënte wat die afgelope jaar hul besigheid ondersteun en vir hul vriende en familie vertel het van hul slaghuis.
Gaan kuier gerus vir Dawid en sy span by D en D Slaghuis, geleë in Rademeyerstraat 13, vir vriendelike diens en vleis van die hoogste gehalte.