Uitstekende toerusting teen uitmuntende pryse

Case-trekkers: Eenvoudig, kompak, ekonomies en betroubaar

KLEIN KAROO AGRI, trotse handelaar van Case IH en Case Konstruksie, bied aan klante uitste-kende pryse van Case IH se JX45T-, JX75T- en JX95-trekkerreekse.

Die JX75T-trekkers, toegerus met ’n 55 kW 4-silinder enjin, is bekend vir sy eenvoudige, ekonomiese en betroubare ontwerp en is ideaal vir kleiner produsente. Produsente kan verwag om ’n hoë opbrengs op hul belegging te ontvang wanneer hulle ­hierdie trekkers aanskaf vir hul plaas-aktiwiteite.

Die JXT-trekkers is ontwerp om aan produsente ’n gemaklike werksomgewing te bied, met baie ruimte en maklike bereikbare kontroles. Operateurs het uitstekende sigbaarheid vanuit die trekkers se kajuite en die maklike toegang maak hierdie die ideale trekkers vir al die be­langrike take op die plaas. Die trekkers is ontwerp om met alle soorte implemente te werk.

Die gewilde JX95-trekker met sy 72 kW 4-silinder enjin is spesifiek ontwerp om betroubare en duursame werkverrigting te lewer.

Case IH se JX Straddle-trekker kombineer die sterkte en krag wat produsente nodig het in veeleisende werkstoestande. Swaardienskom- ponente verseker ’n lang lewensduur en verminderde stilstand sodat produsente hul werk doel- treffend kan doen.

Die kompakte JXT-trekkerreeks, insluitende die JX45T met ’n 42,41 kW 3-silinderenjin, is ’n eenvoudige en betroubare trekkerreeks wat ont-werp is om die operateur se lang werksdae te vergemaklik. Hierdie ekonomiese trekkermodel bied aan boere optimale krag in ’n kompakte pakket.

Case 570T – ’n Waardevolle werktuig op die plaas

CASE se 570T-laaigraaf, toegerus met ’n 63,25 kW-enjin, is ontwerp vir klante wat op soek is na produktiwiteit, veelsydigheid en vinnige opbrengste op hul belegging.

Hierdie intreevlaklaaigraaf staan kop en ­skouers bo die kompetisie uit met sy hoë-­produktiwiteitskenmerke naamlik:
• Uitstekende werkverrigting gelewer deur die brandstofdoeltreffende FPT Industriële S8000- enjin;
• Robuuste S-styl balk vir verbeterde betroubaarheid;
• Swaardiens-vooras ook beskikbaar in ’n 4WD- opsie; en
• Ruim kajuit met ’n ontwerp vir optimale ­diensbaarheid.

Die Case 570T-model verteenwoordig die konti-nuïteit van die Case-DNS, gebou op die maatskappy se ryk geskiedenis.

Case-laaigrawe is sinoniem met werkverrigting, hoë hefvermoë, beste graafdiepte en uitmuntende uitbreekkrag.