Spitskop Restaurant is ’n nuwe restaurant geleë te Klein Karoo Game Lodge. Ons gaan vanaf 26 Maart 2023 Buffet-etes aanbied op Sondae om 12 uur. Almal is baie welkom om hierdie unieke restaurant met ’n unieke omgewing te kom besoek en te deel in die mooi natuurskoon met die Swartberge as die agtergrond.
Diere soos Elande, Gemsbokke, Springbokke, Koedoes, volstruise en self ’n kameelperd kan besigtig word.
Oornaggeriewe soos vier selfsorg-eenhede asook 8 luukse kamers kan bespreek word en etes kan in die restaurant genuttig word.
Die plaas is geleë op die Calitzdorppad ongeveer 15 km buitkant Oudtshoorn op jou regterhand. Oorsese besoekers van Duitsland, België, Groot-Brittanje, Switzerland om maar ‘n paar op te noem, geniet die verblyf baie, veral die rustigheid.
Besoekers aan die KKNK is baie welkom om ons te kontak vir luukse verblyf.
By die restaurant is daar ’n swembad vir publieke gebruik en funksies soos verjaarsdae, troues en ander groepe is welkom om ons te kontak vir ’n bespreking.
Die uitsig vanaf die dek is asemrowens mooi en moet gesien word.
Die koste verbonde aan die ete is R175 per volwassene en R75 per kind. Kom geniet die dag saam met ons vanaf 12 uur, maar besprekings moet vooraf gedoen word.
Op 26 Maart tree Johann Erasmus op by die ete as agtergrond-musiek en op 2 April tree die be-kende Stef Kruger op.
Besprekings kan gedoen word by 060 930 8597 of info@kleinkaroogamelodge.co.za.
Spitskop Restaurant en Game Lodge
