Lafenis vir die siel, kuns-oase vir liefhebbers en ’n sin vir fyn detail

EEN van die bekendste boetiekhotelle in Oudtshoorn, Rosenhof wat geleë is op die hoek van Baron van Reedestraat en Noordstraat, bekoor nie net jaar na jaar plaaslike en oorsese gaste nie, maar dié pragtige plek se deure staan ook verwelkomend oop vir plaaslike inwoners.
Die bekende Nic en Ferda Barrow, wat deesdae hul tyd tussen Oudtshoorn en Franschhoek deel, het Rosenhof se deure in 1992 geopen.
By hul Le Lude Estate in Franschhoek fokus die Barrows op Cap Classique-vonkelwyne wat al menige pryse ingepalm het en aangewys is as die beste in die land. Daar is nuwe opwindende verbouings op die horison met die uitbreiding van hul ondergrondse kelder. Hul restaurant in Franschhoek, Orangerie, het ’n Franse inslag, en daar tower hul dogter, sjef Nicolene, heerlike disse op wat die smaakknoppies prikkel.
Maar terug by Rosenhof – die Barrows se hart in die Klein Karoo.
Die hoofhuis se smaakvolle dekor voer jou terug na die koloniale era, met die mooiste antieke meubels en kunswerke van Suid-Afrika se bekendste en mees gesogte kunstenaars teen die mure. Met sagte klassieke musiek in die agtergrond drink jou siel elke druppel van die elegansie wat die Barrows skep in.
Rosenhof se lieflike tuin met die geur van sowat 20 roosvariëteite in die lug, skep ‘n hawe vir gaste. Een van die besonderse rose is die Sharifa-roos, wat spesiaal deur Ferda laat kweek is. Dan het Oudtshoorn ook sy eie roos, wat deur Ferda en Olga Hann destyds laat kweek is by Ludwig Roses – die roos se naam is Oudtshoorn Joy.
Ferda het immers ’n groot voorliefde vir die uitleg van tuine, fynproewersdisse en ’n oog vir detail wanneer dit kom by binnenshuise versiering. In die tuin is ook talle vrugtebome soos granaat-, kweper-, vye- en peerbome. Van die bome is reeds in 1852 aangeplant.
Rosenhof se middagtees is baie gewild onder plaaslike inwoners. Dan word daar heerlik op die stoep gekuier waar tee en tuisgebakte skons bedien word – die perfekte plek om iemand te gaan bederf.
Die restaurant, wat ook regstaan om Oudtshoorniete daagliks te verwelkom, se spyskaart bied ’n groot verskeidenheid gehalte-disse aan. Die wynkelder bevat plaaslike wyne van die streek, maar ook verouderde wyne van 10 jaar en ouer, elkeen sorgvuldig bewaar.
Vir inwoners wat graag wil ontspan en verder bederf word, is Rosenhof se spa die plek waar jy jouself kan laat pamperlang, met fantastiese produkte soos La Melle en Bellabaci. Beide is Suid-Afrikaanse mediese produkte en die resultate is volgens resensies iets om te beleef – gaan kyk gerus self.
Nic en Ferda stem saam dat hul liefde en passie vir Oudtshoorn nooit sal verdwyn nie, en hulle dra steeds die dorp se belange op die hart.
“Ons is hartseer oor die vliegskool wat uit Oudtshoorn geskuif het, dit is ’n groot verlies vir die dorp,” sê Ferda. Hulle is ook hartseer daaroor dat Die Neelsie by Arbeidsgenot nie meer as ‘n teater benut word nie.
“Dit was so ‘n spesiale teater vir soveel hoogstaande musiekuitvoerings wat regtig baie vir ons Oudtshoorniete beteken het,” voeg sy by.
“Ons grootste bate in Oudtshoorn is die Kango Grotte, en daar moet uitstekende diens aan elke liewe besoeker gelewer word,” sê Nic op sy beurt. Vir hom, ‘n bekende en gedugte oud-prokureur, sakeman en ywerige entrepreneur, is dit belangrik dat ’n ieder en elk in Oudtshoorn besef daar wag ’n groot taak op almal om toeriste weer na Oudtshoorn te lok met volhoubare goeie diens.
Hulle sê hulle is byvoorbeeld albei in hul noppies met die goeie diens wat die Cango Wildlife Ranch aan besoekers bied – en vertel dat geen gaste dit wil misloop nie.
Vir die Barrows is die komende naweek wanneer die Klein Karoo Klassique weer van 3 tot 6 Augustus op Oudtshoorn plaasvind, ook ‘n jaarlikse hoogtepunt. Die Barrows is nie net sinoniem met styl, klassieke musiek en kuns nie, maar hulle was immers die stigterslede van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) én die Klein Karoo Klassique.
Hul nuutste projek is die Franschhoek Chamber Music Festival wat vanjaar vir die eerste keer vanaf 23 tot 26 Februarie plaasgevind het. Hierdie fees sal ’n jaarlike instelling raak vir Franschhoek.