Ouwêreldse styl by Queen’s Hotel

Hanri Odendaal is die nuwe Algemene Bestuurder vanaf 12 Junie Foto: Lindi Brill

DIE Queen’s Hotel by BON Hotels in Baron van Reedestraat is een van Oudsthoorn se pragjuwele.

Dekades lank bekoor hierdie ikoniese hotel nie net die toeriste wat daar tuisgaan nie, maar ook die inwoners van Oudtshoorn. Die hotel is Suid-Afrika se oudste vierster-hotel en boonop die derde oudste hotel in die land.

Sedert BON Hotels die bestuur van die Queen’s Hotel in Junie 2022 oorgeneem het, was hul missie en visie om hierdie hotel nie net ’n eerste keuse van verblyf vir toeriste te maak nie, maar dit ook meer toegangklik te maak vir plaaslike inwoners.

BON is nie net in Suid-Afrika gebasseer nie, maar het alreeds ook ’n groot teenwoordigheid in die hele Afrika.

Met hul lojaliteitsprogram kan hul gaste oor die hele Suid-Afrika heen van die voordele geniet.

Dis ’n ouwêreldse gevoel wat jy kry, gemeng met elegansie en modern luukshede as jy die hotel binnegaan. Buiten die verblyf wat die hotel bied, is daar die immergewilde Café Brûlé, waar mens gemaklik op die stoep kan sit en jouself verkyk aan die verbygaande wêreld, hetsy met ’n volle ontbyt of net ’n koppie koffie of ’n ligte ete voor jou.

Die semi-geslote straatkant asook Café Brûlé se eie bakkery met varsgebakte brood wat daagliks te koop is, dra by tot die Europese kafee-gevoel.

Saans bied die Kolonie restaurant ’n kulinêre ondervinding deur hul geurige disse wat deur wêreldklas sjefs voorberei word. Hulle is oop vir die publiek van Dinsdae tot Saterdae, 18:00 tot 22:00.

En met hul spesiale aanbod nooi hulle jou om jou verjaarsdag by hulle te kom vier met 50% af-slag op jou ete.

Die Queen’s verwelkom ook hul nuwe algemene bestuurder, Hanri Odendaal. Hanri is afkomstig van Saldanha. Sy het op 12 Junie die leisels oorgeneem. Sy is getroud met Etienne Odendaal, en het 5 pragtige dogters, waarvan 2 nog op skool is en 3 alreeds werksaam.

“Die kultuur en die vriendelikheid van die mense is ongelooflik aangenaam. Aangesien ek van ’n klein gemeenskap kom, geniet ek Oudts-hoorn en die kleindorpse gevoel wat dit bied. ’n Mens voel tuis,” vertel sy.

Sy is trots op die Hotel en die produk wat hulle het, en wil graag die plaaslike gemeenskap nooi om hulle te ondersteun.