Ontmoet Filco se nuwe eienaars

Filco, in Voortrekkerweg op Oudtshoorn, is reeds jare lank ’n betroubare verskaffer aan inwoners van die dorp. Van vandag af (1 September), is Filco onder nuwe bestuur, met Ernest (links) en Riekie (middel) Combrink van Bronkhorstspruit aan die roer van sake. Warnich Pool, voormalige eienaar, gaan hul steeds bystaan. Volgens die Combrinks sal Filco ’n familiebesigheid bly en sal kliënte steeds dieselfde van Filco kan verwag as waaraan hulle gewoond is. Hulle nooi elkeen uit om ’n draai te kom maak.