Dis September en lente in die Klein Karoo!

Die lente roer in die veld om ons Klein Karoo-dorpe, met die eerste wit en pienk bloeisels in tuine, oranje aalwyne, geel en pers blommetjies in die veld. En kyk net hoe mooi is dit as ’n mens dié tyd van die jaar ver kan kyk in die Klein Karoo - soos dié foto wat Hans van der Veen in die Spekkop-omge­wing geneem het, met Oudtshoorn in die agtergrond.