Oudtshoorn Besigheidskamer verwelkom 7 nuwe lede

Die Oudtshoorn Besigheidskamer het Donderdag (25 Augustus) tydens sy maandelikse netwerkaand sewe nuwe lede verwelkom. Die aand, geborg deur Just Property, is buite hul kantoor op die hoek van Voortrekkerweg en Baron van Reedestraat aangebied. Die nuwe lede en ander rolspelers is, van links, Cobus van den Bergh (prinsipaal van Just Property Oudtshoorn), Carla Fourie (Xerox Suid-Kaap), Rouan Engelbrecht (Herotel), Wayne Campbell (Eleksa Oudtshoorn), Ingrid Noble (Just Property Oudtshoorn), Wynand Lourens (Bhenyati Promotions (Pty) Ltd t/a Dierespens), Lukas Swart (De Goede Finance Universe), Salie Oosthuizen (Swartberg Motors) en Abri Ferreira (voorsitter van die Besigheidskamer). Foto: Stefan Skapie Goosen