Sms’e van lesers: 1 September 2022

• Dit is hoe sakkrappers alles verlede week in Wesbank gelos nadat die vullislorrie weg is! Enige raad?

• Sondag na Sondag, van vroeg af tot laat, staan die spoedkameras by die Weyerskerk terwyl die verkeersman ’n entjie verder in die motor sit. Is die oortydbetaling, wat nogal dubbel is omdat dit ’n Sondag is, die moeite werd? Hoe vergelyk dit met die boetes vir die dag?