’n Chery op die koek vir Oudtshoorn

Danielia Fourie, verkoopsbestuurder van Chery op Oudtshoorn.

OUDTSHOORN spog met ’n splinternuwe motorhandelaar met die toevoeging van Chery Motors, wat aan die Platina Motor Groep behoort.

Danielia Fourie, verkoopsbestuurder van Chery, het met Die Hoorn gesels oor dié nuwe opwindende besigheid en wat hul vir Oudtshoorniete bied.

“Ons is hier om verhoudings te bou met die inwoners van Oudtshoorn en persoonlike diens te lewer,” vertel sy.

Volgens Fourie verkoop hulle nie net nuwe voertuie nie, hulle diens ook motors en beskik ook oor ’n onderdele-afdeling.

“Ons help met die hele proses, al is dit net om voornemende kopers te help om die beste motor vir hul sak te identifiseer. Ons help ook die kliënte om finansiering te kry,” sê Danielia.

Chery beoog om by verskeie geleenthede in die gemeenskap betrokke te raak, so hou beslis hierdie handelaar dop!

Die handelaar het op 1 Februarie op die hoek van Voortrekkerweg en Cowleystraat oopgemaak. Om dit te vier is ’n opwindende kompetisie geloods waar R20 000 gewen kan word. Al wat Oudtshoorniete moet doen om in aanmerking te kom vir die prys is om voor 28 Februarie ’n Chery te toetsbestuur. Die wenner sal met ’n gelukstrekking gekies word.

Die Hoorn het self een van die motors gaan toetsbestuur en was aangenaam verras oor die luuksheid en die tegnologie in die motors. “Chery” het selfs teruggesels met die insittendes en stemopdragte uitgevoer.

Nog ’n handige eienskap is die kameras reg rondom die voertuig. Dit verseker dat die bestuurder ten alle tye weet wat om die voertuig aangaan. Dit is een van verskeie veiligheidseienskappe wat sinoniem is met die handelsmerk se leuse van tegnologie, veiligheid en luuksheid.

Alle voertuie kom met ’n waarborg.

Dit begin by ’n minimum van vyf jaar of 150 000 km, afhangend van die model.

Daar is ook ’n allemintige waarborg van een miljoen kilometer of tien jaar (terme en voorwaardes geld).

Kontak gerus vir Danielia Fourie by 044 001 0300 of 072 671 5095 of besoek die tak vandag nog om die motors van naderby te bekyk.

Die handelaar is Maandae tot Vrydae van 07:00 tot 17:00 en Saterdae van 08:00 tot 13:00 oop.