Permakultuur die pad vorentoe; nie net vir tuine

“Care for the people, so that they can care for themselves and the earth, to produce a surplus that we can all share in!” DIE beginsels van permakultuur word normaalweg soos hierdie blom hier langsaam uitgebeeld. Die sewe “blomblare” van die permakultuur-beginsels dek alle aspekte van die samelewing, en soos in die gesegde hierbo poog dit om die samelewing - dit wil sê mens, dier en die natuur - bymekaar te bring. “Sorg vir die mense, sodat hulle vir hulself en die aarde kan sorg, om ’n surplus te produseer waarin ons almal kan deel”. In die komende maande sal die “Groen Leefstyl met GOA”-blad aan die einde van elke maand verskyn, en die verskeie aspekte van permakultuur dek. Hiermee wil Die Hoorn, en Grow One Africa (GOA) die gemeenskap inlig oor hoe jy in jou eie lewe en gemeenskap ver-anderinge kan bring wat die samelewing kan opbou. Hierdie blom beeld ook uit hoe alle dele van die samelewing ’n hegte verbintenis met mekaar het - die een oorvleuel met die ander, en sonder een aspek, val die ander een plat. Ons is almal immers deel van een wêreld, een aarde, een massiewe gemeenskap; en sodra ons dit besef en saamwerk tot die voor-deel van die massas - en nie net die individu nie - sal ons almal die spreekwoordelike vrug van hierdie blom kan oes. Elke blomblaar het na-tuurlik verrykende beginsels op hul eie, en lesers sal elke maand sien dat byna enige iets onder die son kan inpas by die permakultuur-beginsels. Grond- en watervoogdyskap: Hierdie blaar sluit bio-intensiewe tuinmaak, bostuinmaak, saadbesparing, organiese landbou, biodinamika, natuurlike boer-dery, sleutellyn-water-oes, volledige weiveld-bestuur, die natuurlike volgorde van boerdery, agri-bosbou, natuurgebaseerde bosbou, geïntegreerde akwakultuur, wildoes en -jag en “optel”, of altans insameling van voedsel in. Verbouing van die omgewing: Verbouing van die omgewing omvat onder meer passiewe sonkrag-ontwerp, natuurlike konstruksiemateriaal, water- oes en afvalhergebruik, biotegnologie, grond-beskutte konstruksie, na-tuurrampbestaande kon- struksie, eienaargebou en patroontaal in. Gereedskap en Tegnologie: Dit sluit die hergebruik en kreatiewe herwinning, handgereedskap, fietse en elektriese fietse, doeltreffende en lae-besoedeling houtstowe, brandstof van organiese afval, houtver- gassing, “bio-char” van bosafval, ko-opwekking, mikro-hidro- en kleinskaalse wind, netgebonde hernubare kragopwekking, energieberging en oorgangs-ingenieurswese in. Kultuur en opvoeding: Tuisonderrig, Waldorf-onderwys, deelnemende kuns en musiek, sosiale ekologie, aksie-leer en oorgangskultuur word in hierdie “blaar” gedek. Gesondheid en geestelike welstand: Tuisgeboorte en bors-voeding, komplementêre en holistiese medisyne, gees van plek en inheemse kulturele herlewing, Joga/Tai Chi en ander liggaam- en geesdissiplines en die sterf met waardigheid word hierin ingesluit. Finansies en Ekono-mie: Hier val boeremarkte en gemeenskapsondersteunde landbou, verhandelbare energiekwotas, lewenssiklusanalise en ‘nood’-rekeningkunde, plaaslike- en streeksgeldeenhede, saamryery en motordeel, etiese belegging en billike handel en die vrywillige uitruil van werk onder een sambreel. Grondbesit en Ge-meenskapsbestuur: Koöperasies & lig-gaamskorporasies, ekologies-ontwerpte gemeen- skappe, oopruimtetegno-logie en konsensusbesluitneming, en inheemse titel- en tradisionele gebruiksregte word onder hierdie opskrif aangespreek.

“Care for the people, so that they can care for themselves and the earth, to produce a surplus that we can all share in!”

DIE beginsels van permakultuur word normaalweg soos hierdie blom hier langsaam uitgebeeld. Die sewe “blomblare” van die permakultuur-beginsels dek alle aspekte van die samelewing, en soos in die gesegde hierbo poog dit om die samelewing – dit wil sê mens, dier en die natuur – bymekaar te bring. “Sorg vir die mense, sodat hulle vir hulself en die aarde kan sorg, om ’n surplus te produseer waarin ons almal kan deel”.

In die komende maande sal die “Groen Leefstyl met GOA”-blad aan die einde van elke maand verskyn, en die verskeie aspekte van permakultuur dek. Hiermee wil Die Hoorn, en Grow One Africa (GOA) die gemeenskap inlig oor hoe jy in jou eie lewe en gemeenskap ver-anderinge kan bring wat die samelewing kan opbou.

Hierdie blom beeld ook uit hoe alle dele van die samelewing ’n hegte verbintenis met mekaar het – die een oorvleuel met die ander, en sonder een aspek, val die ander een plat. Ons is almal immers deel van een wêreld, een aarde, een massiewe gemeenskap; en sodra ons dit besef en saamwerk tot die voordeel van die massas – en nie net die individu nie – sal ons almal die spreekwoordelike vrug van hierdie blom kan oes. Elke blomblaar het natuurlik verrykende beginsels op hul eie, en lesers sal elke maand sien dat byna enige iets onder die son kan inpas by die permakultuur-beginsels.

Grond- en watervoogdyskap:
Hierdie blaar sluit bio-intensiewe tuinmaak, bostuinmaak, saadbesparing, organiese landbou, biodinamika, natuurlike boerdery, sleutellyn-water-oes, volledige weiveld-bestuur, die natuurlike volgorde van boerdery, agri-bosbou, natuurgebaseerde bosbou, geïntegreerde akwakultuur, wildoes en -jag en “optel”, of altans insameling van voedsel in.

Verbouing van die omgewing:
Verbouing van die omgewing omvat onder meer passiewe sonkrag-ontwerp, natuurlike konstruksiemateriaal, wateroes en afvalhergebruik, biotegnologie, grondbeskutte konstruksie, natuurrampbestaande konstruksie, eienaargebou en patroontaal in.

Gereedskap en Tegnologie:
Dit sluit die hergebruik en kreatiewe herwinning, handgereedskap, fietse en elektriese fietse, doeltreffende en lae-besoedeling houtstowe, brandstof van organiese afval, houtver- gassing, “bio-char” van bosafval, ko-opwekking, mikro-hidro- en kleinskaalse wind, netgebonde hernubare kragopwekking, energieberging en oorgangs-ingenieurswese in.

Kultuur en opvoeding:
Tuisonderrig, Waldorf-onderwys, deelnemende kuns en musiek, sosiale ekologie, aksie-leer en oorgangskultuur word in hierdie “blaar” gedek.

Gesondheid en geestelike welstand:
Tuisgeboorte en borsvoeding, komplementêre en holistiese medisyne, gees van plek en inheemse kulturele herlewing, Joga/Tai Chi en ander liggaam- en geesdissiplines en die sterf met waardigheid word hierin ingesluit.

Finansies en Ekonomie:
Hier val boeremarkte en gemeenskapsondersteunde landbou, verhandelbare energiekwotas, lewenssiklusanalise en ‘nood’-rekeningkunde, plaaslike- en streeksgeldeenhede, saamryery en motordeel, etiese belegging en billike handel en die vrywillige uitruil van werk onder een sambreel.

Grondbesit en Gemeenskapsbestuur:
Koöperasies & liggaamskorporasies, ekologies-ontwerpte gemeenskappe, oopruimtetegnologie en konsensusbesluitneming, en inheemse titel- en tradisionele gebruiksregte word onder hierdie opskrif aangespreek. (Deur Stefan Skapie Goosen)