Minimumloon styg met bykans 10%

DIE Department van Arbeid het Dinsdag die nuwe minimumloon wat vanaf 1 Maart geld, aange­kondig.

Die minimumloon styg met 9,62%. Dit is vanaf 1 Maart R25,42. Voor­heen was dit R23,19.

Die minimum loon geld vir plaas- en huis­werkers. Huiswerkers wat 8 ure per dag werk, sal R356,80 meer elke maand verdien.

Werknemers wat 45 uur per week werk, sal vanaf 1 Maart R100,35 meer per week verdien.

Werkers wat deel is van die openbare werke-program (EPWP) se loon sal R13,97 beloop.

Die nuwe loon is in die Staatskoe­rant (no 48094, volume 692 van 21 Februarie 2023) gepubliseer. Nuwe lone vir die klein- en groothan­del­sektor is ook daarin gepubliseer.