HYUNDAI OUDTSHOORN is op 1 Julie vanjaar deur nuwe eienaars oorgeneem; ’n nasionale maatskappy wat vir die afgelope 88 jaar motorhandelaars en -franchises regoor Suid-Afrika suksesvol bestuur.
Maar, dit beteken nie dat jy die persoonlike aandag van ’n plaaslike handelaar gaan verloor nie, inteendeel, uitbreidings en opgrade-rings wat tans onderweg is gaan kliënte nou meer te hulp staan, en verdere dienste aanbied.
Hoopers Motors, die besturende maatskappy, gaan steeds fokus op die individu as kliënt. Volgens konsessie-direkteur, Brenton Cole, het die maatskappy dekades se ondervinding in die bedryf en is hulle hier om in Oudtshoorn te belê – nie net in die motorbedryf nie, maar ook in die gemeenskap.
“Ons fokus gaan natuurlik Hyundai as handelsmerk wees, met ’n goeie reeks produkte, maar diensgewys gaan ons nie net Hyundai-voertuie diens nie – kliënte sal enige fabrikaat na ons werkswinkel toe kan bring; buite waarborg.”
Brenton sê inwoners van die Klein Karoo sal nie net hul nuwe Hyundai hier kan koop, of hul voertuie hier kan diens nie, maar ander fabrikate tweedehandse voertuie sal ook in die vertoonkamer beskikbaar wees. “Ons kan ook enige voertuig opspoor wat kliënte moontlik wil hê.”
Buiten die nuwe eienaars, het die Hyundai-span ook met die Hoopers-oorname bietjie gegroei, maar ook die bekende gesigte behou wat die gemeenskap reeds bedien. Jo-Marie de Kock het by die verkope-span aangesluit, met Bronwyn Dyter wat steeds as algemene bestuurder dien.
“By Hyundai Oudtshoorn is ‘sales through service’ van kardinale belang, met ’n groot fokus op kliëntediens en die kwaliteitdiens van voertuie,” sê Brenton.
Hyundai Oudtshoorn tot jou diens!
Die Hyundai Oudtshoorn-span is van links Bronwyn Dyter, algemene bestuurder; Brenton Cole, konsessie-direkteur; Jo-Marie de Kock, verkope; Willie Stapelberg, F&I en werks-winkelbestuurder; en Theunis Botha, verkope.