HUNGRY LION het onlangs weer sy deure hier in Oudtshoorn oopgemaak om deel te wees van die Oudtshoorn-gemeenskap. Hulle het behoorlik die dorp op horings met ongelooflike spesiale aanbiedings om die geleentheid te vier.
Hungry Lion is met ope arms terug verwelkom en lok tans honderde klante met aanbiedings soos ’n dubbel-burger en koeldrank vir slegs R20.
“Ons kon nie wag om weer ons winkel hier oop te maak nie en dis ’n volstruisveer in ons hoed om weer Oudtshoorn as een van ons tuistes te kan noem.”
“Ons glo in die sukses en toekoms van die dorp en is trots om deel te wees daarvan”, sê Denise Neethling, die Hoof van PR en Kommunikasie by Hungry Lion.
“Ons wou verseker dat elke Oudtshoorniet ons sappige koninggrootte-hoenderstukke en bobaas-burgers kan geniet en het dus besluit om die opening te vier met sakpas-aanbiedings op uitgesoekte maaltye en roomyse”, sê Neethling.
Kom loer gerus in en proe self die konings van kitskos se maaltye met Hungry Lion se verskeidenheid items.
“Kom in, kom sit en geniet ook ons gratis WiFi.”
“Ons kos is nie net lekker op die tong nie, maar sag op die sak.”
Hungry Lion is geleë in Hoog-straat 68 en is tans oop tot 20:00 Maandae – Saterdae en tot 18:00 op Sondae.
Hungry Lion: Lekker op die tong, en sag op jou sak!
