Grootste Aftreeoord in Klein Karoo

Die Bain Lavers-sentrum. Foto: Stefan Skapie Goosen

MILLENIUM PARK AFTREE­OORD op Oudtshoorn is die tuiste van baie moeders en oumas van die Klein Karoo en elders, en met Moe­dersdag om die draai op 9 Mei wil die bestuur en personeel van die oord vir almal van hulle, en dié regoor die land, ’n geseënde dag toewens.

Maar Millenium Park is natuurlik ook die tuiste van baie vaders en oupas, en soos Sharron Hammond, bestuurder van die oord, sê, is dit as ’t ware ’n “one-stop shop” vir jou afrede.

Die aftreeoord, bekend as die grootste in die Klein Karoo, is ten volle toegerus om enigiemand bo 50 se aftrede te vergemaklik. Tans huis­ves die oord 212 inwoners, en daar is 163 eenhede.

Hammond wil belangstellendes herinner dat die koop van ’n eenheid op deeltitelbasis plaasvind, wat beteken dat inwoners hulle nie oor die instandhouding van die buitekant van hul huis hoef te bekommer nie.

Millenium Park, geïnisieer deur die Oudtshoorn Rotariërs, vier ook vanjaar hul 21ste bestaansjaar – hul mondigwording so te sê. Dit is beslis ’n mylpaal waarop die bestuur trots is. Dit gaan volgens Hammond ook gepaard met ’n goeie jaar vir die bestuur van Millenium Park, met ’n volledige trusteeraad van agt en ’n lid wat in elke portefeulje dien.

Hammond gesels met baie passie en opwinding oor die reeks dienste wat die oord vir sy inwoners aanbied, nie net op mediese en versorgings­vlak nie, maar ook op sosiale vlak.

Die oord bied versorgingseenhede en gewone wooneenhede aan, maar met al die dienste wat verskaf word, is dit nooit nodig vir inwoners om die gemak van hul eenheid te verlaat nie.

Daar is ’n ten volle toegeruste sentrum vir verswaktes, gekwalifiseerde en ervare personeel, etes saamgestel deur ’n dieetkundige, ’n mediese kli­niek wat vir beide inwoners en buite­pasiënte beskikbaar is en tot 40 pa­siënte op ’n slag kan bedien, en kort­termynverblyf en dagsorg.

Die oord het ook onlangs 26 Alzheimer-kamers onder die Wes-Kaapse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling geregistreer.

Die oord se personeel kan inwo­ners voorts bystaan met inkopies, die afhaal van medikasie, en vele meer.

Buiten hierdie dienste is die aftreeoord se etes beskikbaar vir enige persoon wat vooraf bespreek, en is die Koffiepot – die oord se eie koffiekroeg – oop om gaste van buite die oord te verwelkom.

Inwoners van die dorp kan ook by inwoners van die oord aansluit vir hekel-en-brei-sessies, reg-en-strek-oefeninge en selfs “line dancing”! Daar is tans ook planne om ’n gemeenskaplike braai-area te bou met die doel om samesyn en geselligheid binne die oord te kweek. Dit kan lede van die gemeenskap jonger as 50 moontlik laat wens vir aftree, net sodat hulle by Millenium Park kan intrek!

Met 24-uur-sekuriteitsdienste en vol­le­dige kringtelevisie-monitering is inwo­ners se veiligheid ook altyd verseker.
Skakel 044 272 5867 nou om jou plek vir aftrede te bespreek, of selfs net meer uit te vind oor wat Millenium Park alles kan bied.