Ford Territory bekendgestel

Oudtshoorn Ford het Saterdag die nuwe Ford Territory bekendgestel by hul handelaar in Voortrekkerweg.

Die spoggerige nuwe motor spog nie net met slank aërodinamiese lyne nie, maar ook met ’n 1,8 l Eco Boost enjin.

Besoek hul gerus om die nuwe model van nader te bekyk. Foto: Angelique Erasmus