KOLOSTRUM is die eerste melk met verskeie groei- en gesondheidseienskappe. wat ’n moeder, by mense en ander soogdiere produseer na die geboorte van haar baba.
Beeskolostrum is besonder voedsaam en bevat baie meer nutriënte as gewone melk.
Dis veral hoog in proteïne, vette (die ‘goeie’ vette), magnesium, vitamine B en vitamiene A, C en E.
Dit bevat ook die volgende:
Lactoferrin: ’n Glukoproteïn verantwoordelik vir die liggaam se reaksie op infeksies, veral dié veroorsaak deur bakterië en virusse.
Groeifaktore: Hormone wat groei stimuleer.
Teenliggame: Dit is proteïne, bekend as immunoglobulien, wat die immuunsisteem gebruik om bakterië en virusse te beveg. Beeskolostrum is baie ryk aan teenliggame IgA, IgG en IgM.
Navorsing het aangedui dat die gebruik van kolostrum deur kinders en volwassenes baie gesondheidsvoordele inhou, dermgesondheid bevorder en infeksies wat diarree veroorsaak, help voorkom.
Dit mag jou immuniteit versterk en daardeur siekteveroorsakende organismes elimineer, hoofsaaklik deur die verhoging van teenliggame IgA en IgG. In ’n studie is bevind dat 10 gram kolostrumaanvulling die hoeveelheid IgA in die boonste lugweë van atlete met tot 79% effektief verhoog. In HIV geassosieerde diarree, kon 100 gram inname van kolostrum per dag die voorkoms daarvan dramaties laat afneem.
Verskeie ander infeksies, bv. E.coli (ook soms as ‘reisigersdiarree’ bekend) en Shigella dysenteriae bakterië, kan effektief behandel word. Tot 90% verbetering is in toetse verkry.
Beeskolostrum bevorder dermgesondheid deur infeksies te beveg, intestinale selgroei te bevorder, die dermwand te versterk en deurlaatbaarheid, wat ook bekend staan as dermlekkasie (“leaky gut syndrome”) te verbeter.
Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan lactoferrin en die groeifaktore in kolostrum. Die inname van 20 gram beeskolostrum per dag het tot ’n 80% afname van dermlekkasie gelei. Kolitis, gekenmerk deur ’n toestand van inflammasie van die slymvlies van die kolon, het ook drasties verbeter.
Verskeie ander siektetoestande word tans deur medici nagevors waarin beeskolostrum gebruik word:
Onder andere die gebruik van Lactoferrin by kankerlyers.
Beeskolostrum vir menslike gebruik is oor die algemeen baie duur, en die gehalte daarvan wissel geweldig.
Van die beste gehalte kolostrum wêreldwyd word op Oudtshoorn versamel. Kolostrum word slegs versamel by streng goegekeurde melkerye.
Die eindproduk word baie deeglik getoets vir veiligheid en gehalte, en is beskikbaar in kapsules of in ’n meer ekonomiese poeierverpakking. – Promosie artikel
Die rol van kolostrum in natuurlike gesondheid
