Café Brûlé steeds ’n gunsteling

(Foto’s verskaf)

DIE Queen’s Hotel by BON Hotels in Baron van Reedestraat op Oudtshoorn is reeds dekades lank ’n ikoon op die dorp en nie slegs ’n plek vir besoekers om te oornag nie. Met ’n nuwe lojaliteitsprogram wat onlangs deur die besturende maat­skappy, BON Hotels, op die been gebring is, gaan inwoners van die Klein Karoo nóg meer waarde vir hul geld by hierdie historiese Oudtshoorn-gunsteling kan kry.

Min van ons weet miskien dat die hotel Suid-Afrika se oudste vierster-hotel en boonop die derde oudste hotel in die land is na ’n hotel op Stellenbosch en een naby Grabouw. Die Queen’s doen sedert 20 Maart 1880 ononderbroke besigheid as ’n oase van ouwêreldse elegansie en hedendaagse gerief geleë in die middel van die skilderagtige Klein Karoo.

Café Brûlé
Buiten die verblyf wat die hotel bied, is daar die immergewilde Café Brûlé, waar mens gemaklik op die stoep kan sit en jou self verkyk aan die verbygaande wêreld, hetsy met ’n volle ontbyt of net ’n koppie koffie voor jou. Die semi-geslote straatkant asook Café Brûlé se eie bakkery met varsgebakte brood wat daagliks te koop is, dra by tot die Europese kafee-gevoel.

Dié unieke koffiewinkel spog met ’n wye reeks tuisgebak, spesiaal uitgesoekte koffie en daaglikse ‘specials’ wat die mond laat water. Al hul brode, koeke, terte en selfs pasteie word van spesifiek uitgesoekte bestanddele gemaak – vars, elke dag, sê Tiaan Fourie, algemene bestuurder van die hotel.

“Café Brûlé is seker nog die enigste koffie­winkel, eg aan sy soort, in die Tuinroete. Wat ek daarmee bedoel, is dat al ons brode nog hier in ons eie kombuis gebak word. Ons maak ons eie gisbestanddeel, of ‘starter’, wat by ons tuisgemaakte deeg gevoeg word om die beste kwaliteit-produkte te verseker. Daarom moet kliënte soms ’n bietjie wag vir die brode – dit is beslis die moeite werd.”

Hierdie brode is op Oudtshoorn ’n baie gesogte item, met plaaslike besighede wat selfs groot be­stellings plaas om die brode vir hul eie gebruik aan te koop. Verder bied Café Brûlé ook ’n daaglikse swartbord-spyskaart wat gereeld verander, alles gebaseer op watter bestanddele in seisoen is en op so ’n manier uitgewerk word dat niks in die kombuis tot niet gaan nie.

BONami lojaliteitsprogram
Lojaliteit is met BON Hotels ’n baie belonende aspek van die bedryf. Hierdie lojaliteitsprogram sal inwoners van die dorp juis goed te staan kom wanneer hulle by Café Brûlé wil gaan aansit om vir ’n rukkie te ontspan, of vir ’n vinnige koffie of smullekker ontbyt, of selfs ’n middagete saam met familie of vriende.

Die BONami-program is ’n “geen bohaai”- gasvryheid-beloningsprogram met onmiddellike voordele en afslag op byna alles onder die hotelgroep se vaandel, waar ook al jy ’n BON Hotel mag vind. “Dit is ons manier om dankie te sê dat jy by ons gebly het, en ook ’n manier om jou by die BON-familie te verwelkom. Dink aan ons as jou vriend met voordele!”

Met BONami kry lede van die program onmiddellike belonings wanneer hul inteken. Dit kos slegs R690 per jaar, waarvoor jy in ruil R16 000 se voordele en afslag kan kry.

Gepas by ’n besoek aan Café Brûlé, is die ete-afslag wat jy deur BONami sal kry – of jy ’n gas van die hotel is of nie.

Hierdie afslag tel vir ontbyt, middagetes en aand­etes, en werk soos volg: met ete vir een persoon ontvang BONami-lede 25%-afslag; vir twee persone 50%-afslag; vir drie persone 33%-afslag; en met vier tot 12 persone om jou tafel ontvang lede ’n volle 25%-afslag op die rekening! Die aanbieding sluit drankies uit.

Buiten hierdie billike afslag op etes, kan BONami-lede afslag kry op verblyf, jy kan koopbewyse kry vir gratis verblyf, jy ontvang ’n bonus-kaart waarop jy BONami “bonus crowns” verdien waarmee jy later verdere koopbewyse vir gratis verblyf kan ontvang, en jy kan selfs voordele ra­kende jou kamer ontvang. Dit sluit ’n opgradering na ’n beter kamer, “early arrival/late check out”-voordele en nog meer in. Besoek dus gerus hul webtuiste vir die volle lys voordele, en die gepaste bepalings en voorwaardes.

Kontak Café Brûlé by die Queen’s Hotel by 044 272 2101 of besoek hulle webtuiste by https://www.bonhotels.com/queens

Be the first to comment on "Café Brûlé steeds ’n gunsteling"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*