’N MAN van Bridgton, Oudtshoorn wat sy ma aan die brand wou steek is in die Oudtshoorn Streekhof aan poging tot moord skuldig bevind en drie jaar gevangenisstraf opgelê.
Aiden Pretorius (36) het op 4 November 2021 sy bejaarde ma, Sarah Sass, met ’n slot gekap, ’n vlambare vloeistof in haar gesig gegooi en probeer om dit aan die brand te steek.
Streeklanddros Sylvia Mandla het vir vonnis in ag geneem dat Pretorius skuldig gepleit en ’n geruime tyd in aanhouding was. Hy is egter aan ’n ernstige misdaad skuldig bevind en sy lang rekord van 11 vorige veroordelings is verswarend.
Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapenlisensie te bekom. (Deur Garnett Wicomb)