ATW Motors, jou eenstop herstel- en dienssentrum

Mario Kapp (eienaar), saam met Anton Grundling (ATW Motors se wielsporingsdeskundige). Foto: Elizabeth Iverach

Met die uitbreiding van ATW Motors se dienste kan hulle nou na al jou voertuigbehoeftes omsien – alles onder een dak en deur dieselfde kundiges. Mario Kapp, eienaar van ATW Motors, sê hy wil soveel as moontlik dienste aan sy kliënte bied met die minste moeite vir die kliënt.

“As ’n kliënt sy motor na ATW bring kan ons elke aspek van die herstel- of dienswerk doen, sonder dat dit nodig is dat die kliënt van een dienssentrum na ’n ander hoef te gaan. Ons doen alles hier, van wielsporing tot meganiese werk, dienste en lugversorgers.”

Die nuutste toevoeging tot hulle dienste is wielsporing en die herstel en diens van voertuie se lugversorgers. Volgens Mario het hulle juis hierdie uitbreiding gedoen om kliëntegerief en bekostigbaarheid te verbeter.

“As ons byvoorbeeld aan ’n voertuig se onderstel werk, hoef ons nie die wielsporing elders te laat doen nie. Anton Grundlingh het reeds jarelange ondervinding van wielsporing en doen dit dadelik hier in ons eie werkswinkel met ons nuwe toerusting.

“Hierdie uitbreiding stel ons nou in staat om ’n kliënt se voertuig van voor tot agter deur te gaan en elke komponent te diens.”

Hulle kan selfs met bakwerke help, sê Mario, maar dit geskied slegs oor naweke aangesien dit nie hulle hooffunksie is nie.

Mario het reeds meer as 19 jaar werkswinkel-ervaring op alle tipes voertuie en is ook ’n onafhanklike Toyota-spesialis. Hy het ATW Motors in 2019 begin en moes verlede jaar noodgedwonge na ’n meer sentrale en groter perseel uitbrei. ATW Motors is toe verskuif na Baron van Reedestraat 71 reg agter die Total vulstasie.

Hulle maak soggens om 07:30 reeds oop en sluit om 17:00, behalwe op Vrydae wanneer hulle om 16:00 sluit.

Alhoewel hulle net weeksdae oop is, is hulle ook beskikbaar vir noodgevalle na-ure.

Dit is makliker as kliënte vooraf afsprake maak aangesien dit help met beplanning en onderdele ook vroegtydig bestel kan word. Besoek Mario en sy span gerus by hulle werkswinkel en verseker jou voertuig se doeltreffendheid met hulle kundige diens.