Struisies se Master Chefs

Franci Steynberg (links), Estelle Swart (middel) en Elana Grundlingh van die MM-span wat die Struisie Master Chef-kompetisie se afdeling vir volwassenes gewen het.

Franci Steynberg (links), Estelle Swart (middel) en Elana Grundlingh van die MM-span wat die Struisie Master Chef-kompetisie se afdeling vir volwassenes gewen het.

Die oulike 2 Cool 2 Cook-span wat in hul rolskaatse deelgeneem het, is van links Mia Muller, Liebe Viljoen en Igma Stander. Hulle het deelgeneem in die graad 6&7-groep.

Die oulike 2 Cool 2 Cook-span wat in hul rolskaatse deelgeneem het, is van links Mia Muller, Liebe Viljoen en Igma Stander. Hulle het deelgeneem in die graad 6&7-groep.

Maryke Hanekom (links), Danie Terblanche en Deirdre Bisschoff van Klein Karoo International se The Mad Hatters-span wat aan die Struisies se Master Chef-kompetisie deelgeneem het.

Maryke Hanekom (links), Danie Terblanche en Deirdre Bisschoff van Klein Karoo International se The Mad Hatters-span wat aan die Struisies se Master Chef-kompetisie deelgeneem het.

Deur Ilze-Mari Gründling
ALTESAME 72 spanne met drie lede elk het van Maandag, 27 Februarie, tot verlede Donderdag aan die Struisies se baie geslaagde Master Chef-kompetisie deelgeneem.

Dit was die derde keer dat Hannelie Human, verbruikerstudie-onderwyseres van die Hoërskool Oudtshoorn, die kompetisie georganiseer en aangebied het.

Die spanne het buitengewone name gehad soos Kookwater, Frying Nemo, Visvingers, Jalapeno Hotties, Bonker Bananas en Die Askoeke.

Die spangees wat die week geheers het, het vir groot opwinding gesorg.
Elk van die onderskeie kate­gorieë is deur drie onafhanklike beoordelaars beoordeel.
Die beoordelaars was Elmarie Spies, Maloré Janse van Rensburg, Annemarie Janse van Rensburg, Zanne-Marié Heroldt, Sonja McKay, Ida Schmitt, Leanda Victor, Daniëlia Fourie, Louisa-Ann Ungerer , Tienie Potgieter, Adel Marais en Ena Barnard. Al die beoordelaars is oud-Struisies of ouers van Struisies en oud-Struisies.

Volgens hulle is daar vanjaar geregte van ’n besonder hoë standaard aan hulle voorgelê.
Die volgende spanne het in die onderskeie kategorieë gewen:

Graad 4-5: Gesamentlike wenners, Die 3 Tinkinkies met Kristen Meyer, Meinke Muller en Nadia Smith asook Frying Nemo met Elizna Swart, Chrisma Kotze en Jodi Potgieter;
Graad 6-7: French Toast met Ancke Janse van Rensburg, Marilet Human en Rolandé Eyssen;
Graad 8-9: Smurftastic met Louisa Swart, Mekeyla Greyling en Chri-zanne Human;
Graad 10-12: Slice Slice Baby met Anine de Bod, Suné Cronjé en Chanelle Neveling; en

Volwassenes: MM Team met Estelle Swart, Fransie Steynberg en Elana Grundlingh.
Die organiseerders wil alle persone en maatskappye wat as borge opgetree het, bedank vir hul mildelike bydraes.