Principia help honde en katte

Lezaan van Heerden (regs) wat die fondse aan Col-leen Smith- Coetzee (links) oorhandig het. By hulle is Rudi Wagenaar, een van die vrywilligers.

Lezaan van Heerden (regs) wat die fondse aan Colleen Smith-
Coetzee (links) oorhandig het. By hulle is Rudi Wagenaar, een van die vrywilligers.

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE laerskool Principia het sowat R900 en meer as 100 kg honde- en katkos vir die vrywilligersgroep Oudtshoorn Dogs in Need ingesamel.

Die groep het van die honde van die skut na die skool gebring om dankie te sê en sodat die leerders tyd saam met die honde kon deurbring.

Lezaan van Heerden, onderwyser by Principia, sê dat die skool elke kwartaal ’n gemeenskapsprojek aanpak. “Ons wil graag die kinders betrokke kry by die gemeenskap. Hulle leer van ’n jong ouderdom af om ander te help.”

Sy vertel van die leerders het onlangs ’n hond of ’n kat aangeneem.
Die klasse het met mekaar mee-geding om te kyk wie die meeste kan insamel. Die senior en junior klasse wat die meeste kos ingesamel het, het pryse gekry wat deur Steers, Mil-ky Lane, Fishaways, Camp Roadhouse en Enchanted Coffee Shop geborg is.

Colleen Smith-Coetzee, vrywillig-er by Oudsthoorn Dogs in Need, is baie dankbaar vir die skool se groot skenking. “Daar sal nou baie geluk-kige honde wees. Wat die kinders gedoen het, is fantasties.”