Ysige koue slaan toe!
Die winter het sedert die naweek met mening in die Klein Karoo toegeslaan met inwoners wat gebibber en gebeef het met temperature wat onder vriespunt gedraai het. Volgens weerkenners wag nog baie koue weer! Die foto’s bo en onder is Dinsdagoggend 10:00 op pad na die Kango Grotte buite Oudtshoorn, naby Wilgewandel geneem. Foto’s: HLLH Fotografie