DIE oprigting van ’n groot winkelsentrum op die hoek van Langenhovenweg en Rademeyerstraat langs die treinbrug op Oudtshoorn is voorlopig op ys geplaas.
Volgens die Groter Oudtshoorn se burgemeester, Chris Macpherson, is die ontwikkelaar bekommerd oor die impak van Covid-19 en die huidige politieke klimaat in die land.
Macpherson sê hy het begrip daarvoor dat die ontwikkelaar eers wil wag om te kyk in watter rigting die pandemie en die politiek gaan beweeg. “Dit is te verstane dat die hui-dige negatiewe prentjie wat deur onverantwoordelike politiekery ge-skep word, beleggers sal afskrik.
“Beleggers wil nie weer in ’n dorp belê wat deur korrupsie verlam word en waar die Eskom-rekening met miljoene rande agterstallig raak nie.”
Macpherson het voorheen in ’n persverklaring oor nuwe ontwikkelings wat vir die Groter Oudtshoorn in die vooruitsig gestel word, na dié sentrum as ’n streekswinkelsentrum verwys as gevolg van die grootte en wat dit aan inwoners van die Suid-Kaap en Karoo sal kan bied.
• Intussen het die huidige uitdagende ekonomiese omstandighede daartoe gelei dat nog ’n bekende kle-rewinkel Oudtshoorn gaan verlaat. Uit verskeie oorde is verneem Woolworths in Hoogstraat, Oudtshoorn, gaan sy deure einde Julie sluit. (Deur Liesel le Roux)
Winkelsentrum by ingang op ys geplaas

“Beleggers wil nie weer in ’n dorp belê wat deur korrupsie verlam word en waar die Eskom-rekening met miljoene rande agterstallig raak nie.”
Hoekom word die blaam geskuif? BM praat van korrupsie in teenwoordige tyd en die Eskom rekening is nie meer agterstallig nie.
Dis nie die rede hoekom belegger onttrek nie.”is die ontwikkelaar bekommerd oor die impak van Covid-19 en die huidige politieke klimaat in die land.” Dis die rede as ek berig reg lees.
Wat het sedert 21 April se IDP/Budget verander toe die BM nog vol bravade gespog het oor die sentrum en ek haal aan:”Mei maand word daar begin met die bou van die nuwe mall. Dit gaan groter as George se mall wees.”
Die vraag ontstaan is ons dorp oppad vorentoe of gaan die “blame game” ons bly terughou?