HIV/VIGS neem toe en kan voorkom word.
Die tema vir hierdie jaar se Wêreld VIGS-dag is Laat Gemeenskappe Lei.
Wêreld HIV/VIGS-dag vieringe sal begin op 1 Desember 2023, 08:30, met ’n ‘Colour Fun Run’ & Stap vanaf ‘Koop en Loop’, in die rigting van Bridgton Kliniek, verby die Bridgton swembad na die Bridgton Sportgronde waar die amptelike program sal begin.
Almal is welkom om deel te neem en toegang is gratis.
Daar sal ’n ‘Lucky Draw’ wees by die begin van die formele program.
Die gemeenskap word uitgenooi om deel te neem aan hierdie veldtog, waar Drs Dreyer en Baartman, die gemeenskap sal toespreek oor kritieke inligting vir die voorkoming van HIV/VIGS en die belangrikheid van ‘n gesonde leefstyl.
Verskeie gratis gesondheidstoetse sal uitgevoer word wat bloeddruk, diabetes, HIV/VIGS, en tuberkulose insluit.
Baie lewendige vermaak sal verskaf word en sluit in Danny B, Rubber Johnny, Love Life, kore, SWD Mini Krieket en meer.
Wêreld HIV/VIGS-dag vieringe in Desember
