

Die opening van die KKNK se visuele kuns het Maandagmiddag om 17:00 plaasgevind.
Gaste het eers die uitstalling van Henk Serfontein, vanjaar se feeskunstenaar, in die St Jude’s kerksaal in Baron van Reedestraat bygewoon.
Daarna is die visuele kunsuitstalling in die Prince Vincent-gebou deur die kurator, Lisa Grobler, geopen. Albei uitstallings is vir die duur van die fees oop en kan gratis besoek word.

