Oudtshoorniete jaag dat die stof staan

Bo links: HJ Botha in aksie en bo regs: Stian Steyn vinnig om ’n draai Foto's verskaf Foto onder: Agter van links Juan Steyn, HJ Botha, Berto Nel, en Stian Steyn. Voor sit Bendré le Roux Foto verskaf

Die stof het gestaan op George, Saterdag 29 Maart tydens die Easter on Dirt Karting-byeenkoms.
Vier van Oudtshoorn se deelnemers het podiumplekke behaal.

HJ Botha was eerste in die 160/200 kategorie, terwyl Juan Steyn ook die eerste plek ingepalm in die Open Class. Steyn se broer, Stian Steyn, het ook die podiumposisie opgeraap, en Berto Nel, ook van Oudtshoorn, die 2de plek in die 390 Mods.

Hul volgende ren, die George Winter Stinger vind op 24 Mei 2025, op George plaas.

Bendré le Roux het die “Bad Luck” trofees gewen nadat sy motortjie in ’n ongeluk betrokke was, reggemaak is en toe weer in ’n ongeluk was.

Die vinnige motortjies sal later vanjaar ook op Oudtshoorn te sien wees. (ANGELIQUE ERASMUS)