’N KONSERT wat hoop wil gee vir almal vind op Sondag 9 Oktober om 12:00 in die pragtige, statige sandsteenkerk by De Hoop buite Oudtshoorn plaas.
Die konsert, 180 minute @ De Hoop, bring vier bekende sangers na die Oudtshoorn-omgewing – Jan de Wet, Danie Botha, Alan Ladd en Michael Lindt.
Die konsert wil hoop bring na die gemeenskap van Oudtshoorn wat soos vele ander erg geraak is deur die Covid-pandemie en die gevolglike ekonomiese inkrimping, lui ’n mediaverklaring.
Daar sal ook verskeie kosstalletjies buite die kerk wees.
• As deel van die projek is ’n elektroniese boekie met wyse woorde oor hoop deur die eeue saamgestel. Dit kan gratis op jou selfoon, tablet of rekenaar afgelaai word van die skakel:
Vir die e-boek in afrikaans, kliek hier: https://drive.google.com/file/d/1ebFjFQ2SYC9Ql_4ENf98vWW1HeH_DLeb/view
Vir die e-biek in engels, kliek hier: https://drive.google.com/file/d/1xRS5jjEjKy28eQU2ZWe5pZ4uFW2kfgsk/view
Die E-boekie is tans beskikbaar in Afrikaans en Engels, terwyl die Universiteit van Wes- Kaapland dit tans na isiXhosa vertaal. Die doelwit is om dit uiteindelik in al elf landstale te laat vertaal.
