Borgtog is verlede Donderdag in die Oudtshoorn streekhof geweier aan Pete Damons van De Rust wat ’n petisie tot die hooggeregshof gerig het om te appelleer teen ’n vonnis van drie jaar vir aanranding van sy moeder.
Die staatsaanklaer, Hyron Goulding, het die aansoek van die 24-jarige Damons teengestaan omdat die vonnis wat hom opgelê is nie onvanpas is nie aangesien hy al by drie vorige geleenthede sy ma aangerand het.
Hy het tereggestaan op ’n klagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer maar is slegs aan aanranding – gewoon skuldig bevind.
Hy het in die verlede reeds drie kanse gekry met opgeskorte vonnisse maar nie tot ander insigte gekom nie.
Eugene Roos, van die regshulpraad, het die hof versoek om in ag te neem dat Damons reeds vyftien maande in aanhouding is.
Damons het om borgtog aansoek gedoen hangende die uitslag van sy petisie. (GARNETT WICOMB)
Uit die hof:Geen borg vir man wat ma aanrand
