Uit die hof: Oudwerknemer van The Godfather aangekla van diefstal

Die saak teen ’n 33-jarige vrou van Thabo Mbeki Square op Oudtshoorn, wat van diefstal van R20 000 aangekla word, is verlede week in die landdroshof tot 27 November uitgestel nadat die staat nie haar pleitverduideliking wou aanvaar nie.

Gaynor Jullies word daarvan aangekla dat sy tussen 27 en 28 Julie 2023 die geld van haar werkgewer, The Godfather Sportkroeg, gesteel het. Sy het daarna spoorloos verdwyn en is eers onlangs aangekeer.

Sy voer aan dat die bedrag in die klagstaat foutief is en bereid is om R13 500 aan die klaer terug te betaal.

Die staat het egter die pleitverduideliking geweier en landdros MC Ndwandwe het die saak tot 27 November uitgestel.