Booswigte wat verlede week Woensdag, 15 Mei 2024 vir die polisie weggejaag het, is steeds op vrye voet.
Die silver BMW waarin hul gery het is net buite Calitzdorp afgetrek, en sakke met vuurwapens is na bewering in hul besit gevind. Die motor is later die dag gevind op die Welbedacht pad, verlate met geen teken van die drie insittendes of die beweerde wapens nie.
Volgens die polisie se woordvoerder sers. Bilqis Poole, is twee verdagtes nog op vrye voet. Een verdagte is egter dieselfde dag nog gevind.
“Die voertuig is verbind met nog ’n misdaad wat in die Oos-Kaap gepleeg is,” sê hy.
Hy kon egter nie bevestig of daar wel vuurwapens in die voertuig was of enige ander gesteelde goedere nie.
Geen verdere inligting was teen druktyd beskikbaar nie.