Tweede Boeredag op Oudtshoorn

Boere, rolspelers en belangstellendes wat die dag bygewoon het op die Oudtshoorn Proefplaas. Foto: Lindi Brill

Die Departement van Landbou in samewerking met Klein Karoo Agri het vanjaar hul tweede boeredag aangebied op Woensdag 8 Mei, by Oudtshoorn Proefplaas, sowat 8 km buite Oudtshoorn.

Daar was sowat 170 boere, rolspelers en belangstellendes wat die dag bygewoon het.
25 stalletjies met landbou-interessanthede met die fokus op vee het ook hul produkte die dag ten toon gestel.

Daar was ook ses gassprekers wat die boere toegespreek het, met die fokus op ’n holistiese benadering tot kuddegesondheid, onder andere Oudtshoorn bekendes soos Glen Carlisle en Jaco Engelbrecht.

Na afloop van die dag het almal heerlik saam gekuier en wenke uitgeruil.