Tweede Koffieklets sukses

Verskeie besigheidspersone het heerlik saam gekuier by die Besig-heidskamer se 2de Koffiekletsgeleentheid. Foto: Angelique Erasmus

Meer as 20 van Oudtshoorn se plaaslike besigheidseienaars en werknemers het by die Besigheidskamer se 2de Koffieklets oggend heerlik saam gekuier op Dinsdag 16 Mei 2024.

Die keer was Beans Cafe in Kerkstraat die gasheer, en daar is gesmul aan vars sjokolade Croissants, terwyl elkeen ’n stomende koppie boeretroos geniet het.

Hierdie is die perfekte netwerk geleentheid veral vir die wat graag vroeg uit die vere kruip, en hul dag op ’n lekker tog produktiewe manier wil afskop.

Hou die Oudtshoorn Besigheids-kamer se Facebookblad gerus dop vir die volgende Koffieklets.

Die geleentheid is nie net vir lede nie, maar vir Oudtshoorn se inwoners en besigheidseienaars.