Stem vir Mia: Die enigste Wes-Kapenaar onder top-30

Die enigste Wes-Kapenaar onder die top-30-finaliste in vanjaar se Mej SA-kompetisie kom van Oudtshoorn!

Mia le Roux, wat tans in Kaapstad woon, het op Oudtshoorn grootgeword en is ’n oud-leerder van Laerskool Van Reede en Hoërskool Oudtshoorn.

Oudtshoorniete kan vir Mia help om die top-25 in die kompetisie te haal deur vir haar op die webblad www.misssa.co.za te stem. Stemme sluit om 18:00 op 29 Mei.

Mia, wat doof is en as tweejarige ’n kogleêre inplanting ontvang het wat haar in staat stel om te hoor, sê sy hoop om deur haar deelname aan die kompetisie ander te inspireer om groot te droom, te volhard en hindernisse te oorkom.