Tretsom Bouers se Herman wen eerste R10000 in Timbercity se kompetisie
Herman Mostert (links) van Tretsom Bouers is die eerste gelukkige wenner van R10000 in Timbercity Oudtshoorn se kompetisie met prysgeld van altesame R50000. Hier oorhan-dig Shaun Westraad van Tim- bercity die prys aan Herman.
Deur by Timbercity aankope ter waarde van R1000 of meer te doen en jou faktuur of kontant-strokie met jou kontakbesonderhede daarop in die spesiale houer in die winkel te plaas, staan jy aan die einde van September 2022, Oktober 2022, November 2022 en Desember 2022 ’n kans om R10000 te wen.