Skool bied sessie vir ouer-ontwikkeling in Calitzdorp aan

Ouers en verskeie rolspelers het die oueront-wikkelingsessie bygewoon. Foto’s: verskaf Onder: Bo: Tydens die sessie is medalje’s vir deelname uitgedeel.

’n Ouerontwikkelingsessie is op 8 Februarie by Hoërskool Calitzdorp vir ouers van gr R tot Gr 7 leerders aangebied. Die geleentheid het gefokus op ouerbetrokkenheid en die rol wat ouers in hul kinders se skoolopvoeding speel.

’n Groot groep ouers sowel as verskeie instansies het aan die geleentheid deelgeneem.

“Ons leerders trek nie net groot voordeel hieruit nie, maar is ook die groot wenners in die opvoedingsproses. Ons is dankbaar vir elke ouer wat die sessie bygewoon het,” sê Chantelle Pretorius, ’n opvoeder by die skool wat die inligtingsessie gereël het.

Rolspelers wat die geleentheid bygewoon en daaraan deelgeneem het was: Cecilia Roman (aankondigings), Sarina Coericuis (geestelike boodskap), Melissa Plaatjies (departement van sosiale ontwikkeling), Jan Combrinck en Vynzell Meyer (SAPD), Aneline Tarentaal (Hope Options), Wilma Espach en Jacomien Rocchi (WKOD) en GPF-verteenwoordigers. (ANGELIQUE ERASMUS)