Die borgaansoek van die musiekonderwyser van Oudtshoorn wat van statutêre verkragting, seksuele aanranding en seksuele gereedmaking van ’n minderjarige aangekla word, duur voort en is Dinsdag in die streekhof tot 25 Februarie uitgestel.
Die aansoek is Maandag en Dinsdag voortgesit met die kruisondervraging van die ondersoekbeampte, Ao Wanita Uys.
Uys het op vrae van die beskuldigde se regshulpprokureur, Charnelle Nel-Bruce, getuig dat die applikant nie ’n vlugrisiko is nie, bereid is om sy paspoort aan die staat te oorhandig en geen vorige veroordelings of hangende sake teen hom het nie.
Daar is ook nog nooit enige kriminele sake teen hom gemaak nie.
Die aansoek word deur landdros N Khan aangehoor en Leonie van Rooyen is die aanklaer. (GARNETT WICOMB)
Borgaansoek van musiekonderwyser duur voort
