VIER buitelanders wat in Junie 2017 Telkom-koperkabels ter waarde van R68 500 in Ladismith gesteel het, is verlede Woensdag (6 Oktober) sewe jaar gevangenisstraf in die Ladismith-streekhof opgelê.
Volgens Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, het die mans, Tankiso Sekutoana (32), Mohau Khene (37), Motlatsi Motaane (31) en Bakoena Elliot Maliehe (31), 30 rolle Telkom-koperkabels met ’n gewig van 378,5 kg gesteel.
“Hulle het noodsaaklike infrastruktuur vernietig deur dit uit te grawe en ’n een-ton-vragmotor gebruik om dit uit die grond te trek.
Die vragmotor is aan die staat verbeurd verklaar en die eienaar van die vragmotor is ook aangekla en in aanhouding.
Hy sal sy lot op 16 November 2021 hoor.”