Sementpad kry nuwe baadjie

DIE opgradering van die pad wat bekend staan as die sementpad (DR 1688) tussen die afdraai na die Calitzdorp Spa en die aansluiting by die R62 naby Oudtshoorn is reeds in volle swang. Dié projek van die Wes-Kaapse Regering sal na verwagting in Mei 2024 voltooi wees.

Die pad, waaarvan die oppervlak al jare lank in ’n swak toestand is, lei ook na die Celebratio Granaatplaas en bedien die landbougemeenskap

Jandre Bakker, kommunikasiehoof van die Wes-Kaapse Departement Vervoer, word sowat 28 km van die pad omvangryk opgegradeer en val 13,02 km daarvan binne die Kannaland Munisipaliteit en 14,65 km daarvan binne die Oudtshoorn Muni­si­paliteit.

Die ou pad het ’n betonoppervlak van sowat 6 meter breed gehad met grondpadskouers. Dit word nou verbreed sodat elke verkeersbaan 3,4 m wyd sal wees terwyl daar ook weerskante padskouers van 30 cm wyd sal wees.

Tydens die konstruksie word die bestaande beton opgebreek, en die hele pad van onder af nuut in lae gebou. Die beton sal met ’n ingevoerde G6-materiaal gemeng word om ’n dik onderlaag te bou, waarna ’n basislaag en pad­oppervlaklaag sal volg. Aandag sal ook geskenk word aan die bou van meer effektiewe stormwater- en leivore, terwyl drie brûe verbreed sal word.

Die projek beoog om ook plaaslike inwoners te bemagtig. 300 werksgeleenthede sal na berekening geskep word, met plaaslike ondernemings en ont-wikkelende kontrakteurs wat betrek sal word. (Deur Liesel le Roux)

1 Comment on "Sementpad kry nuwe baadjie"

  1. STEPHANIE | 25/03/2022 at 22:17 |

    I was raised on that road i feel even the warm road on my hand palms all the sucess to the construction. A dream came true it really needs a new face and alot of tourism attraction on the ou sement pad as it been called by our parents .great great grand parents.And one Big think the people of the area are hard working people.

Comments are closed.